Jou hare en kopvel is gewoonlik in die wintermaande heelwat droër. Dié wenke van Freya Labuschagne, haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands, kan dit voorkom.

  • Gebruik behandelings wat ontwikkel is om ’n droë en skubberige vel onmiddellik te verlig. Maak seker jy kies ’n produk met niasien (om die bloedtoevoer in die are teen jou kopvel te stimuleer) en bevogtende olies.

  • Gee jou haarsorgroetine ’n ekstra voginspuiting om seker te maak jy sukkel dié winter nie weer met statiese hare nie. Produkte wat vitamien E bevat, hou die vog in jou hare, is anti-staties en voorkom boonop dat jou haarkleur vaal word.

  • Gebruik altyd produkte wat jou hare teen hitte beskerm voordat jy dit droogblaas of stileer. Dié produkte sal keer dat jou hare se kutikels oopgaan en belangrike vog en voedingstowwe ontsnap.

  • Soos die vel op die res van jou lyf, word jou kopvel ook in die winter droog. Probeer daarom in dié tyd van die jaar sjampoe wat jou hare sal bevog én glad maak. Kyk uit vir produkte wat sekere olies bevat. Jojobasaad-olie en ilang-ilang is bestanddele wat jou kopvel help bevog.

  • Gebruik in die koue seisoen meer gereeld haarbehandelings en opknappers. Aangesien die koue lug buite én verwarmers binnenshuis daartoe bydra dat jou hare vinniger dehidreer, moet jy dit betyds ’n ekstra voginspuiting gee.

Freya beveel dié produkte aan:

Freya Labuschagne FOTO: verskaf Freya Labuschagne
FOTO: verskaf

*Freya Labuschagne is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands (012 997 5468)