Die nuwe luukse parfuum Bulgari Goldea bring hulde aan die wonder, weelde en ewigheid van die´ edelmetaal. 

Parfuummeester Alberto Morillas beskryf sy skepping onder meer as ’n goue waterval van muskus, en as ’n simfonie van Oosterse blom- geure en muskus: “Muskus is een van die geheime van Bulgari se parfuums. Net soos goud ’n basis vir ons juweliersware is, is muskus ’n grondslag vir ons parfuums.

“As die geur ’n kleur was, sou dit die´ van ’n goue bal wees wat die helderheid van lig weerkaats. Soos ’n sonsondergang. Maar Goldea verteenwoordig ook die weelde en ewigheid wat goud simboliseer.” Morillas het in twee jaar 109 weergawes van hierdie parfuum geskep voordat hy by die perfekte een uitgekom het.

Hy se^ lemoenbloeisels is vir hom die mooiste blom, want dis vroulik en sexy. Die´ eienskappe wou hy ook vir die parfuum he^, daarom het hy vir die topnoot lemoenbloeisel van sy tuisstad gekombineer met ’n ligte muskus, sitroen en framboos. Die hart bestaan uit ’n intenser muskus met ilang-ilang en jasmyn, terwyl die basisnote ’n swaarder muskus, patsjoelie en Egiptiese papirus is.

Die´ misterieuse en sensuele geur is volgens hom perfek vir die moderne, kontempore^re vrou wat ook nog waarde heg aan haar tradisionele wortels.

Goldea (R1 375 vir 50 ml EDP).

GOLDEA_2

Lees meer oor dié nuwe parfuum in die Desember-uitgawe van SARIE - nou te koop!

DES desember 2015 jana strydom