Hierdie parfuum  (R495 vir 30 ml EDP) volg in die spore van Pure White Linen en Pure White Linen Light Breeze, maar spog met meer blomnote soos jasmyn, pienk pinksterroos en kamelia. Hierdie blom-hartnote word gekombineer met 'n vanielje-en-sandelhout-basis, terwyl bo-note van Chinese bessies en pienk peperkorrels varsheid gee.