Plat, olierige hare met min volume is een van die grootste haarkwessies wat ons gemoed kan omkrap. Daar is 'n kitsoplossing: droë sjampoe.

Droe¨ sjampoe is die skoonheidsproduk wat mense die afgelope twee jaar die meeste gegoogle het naas krultange, volgens ’n onlangse tendensverslag van die´ soekenjin. Maar 32% van SARIE.com-lesers het nog nooit van droë sjampoe gehoor nie.

via GIPHY

Hoe werk droë sjampoe?

Dit bevat styselagtige bestandele wat oortollige olie op jou kopvel absorbeer.

Wie kan dit gebruik?

Dis geskik vir alle haarsoorte en -kleure.

Die grootste fout wat mense maak

Spuit droë sjampoe te naby aan hul kop. Dit los 'n wit poeierlagie en die formule kan nie ordentlik droog word nie. Vir die beste resultate, hou die blikkie so 18 - 20 cm weg van kopvel.

FOTO: Lisa Sciascia / Gallo Images / Getty Images FOTO: Lisa Sciascia / Gallo Images / Getty Images

Bronne: Matthew Mansoor, plaaslike haarstilis van TRESemméTrevenen Bam, plaaslike trigoloog (haarkundige) van die haarsorgreeks Philip Kingsley

Lees nou