Die lang bob, of lob, is sonder twyfel dié haarstyl vir die somer. Die aktrise Vanessa Hudgens het nou ook haar hare in dié styl gesny en dit die gewilde ombré-voorkoms gekleur.

Die bob: ’n Haarstyl vir enige gesig

Ons het Vanessa Hudgens, wat eens met Zac Efron uitgegaan het, leer ken met haar lang donker hare.

Vanessa Hudgens

Die skoonheidspan is veral mal oor die haarstyl omdat dit moeiteloos, veelsydig en koel vir die opkomende somermaande is. Die medium lengte sorg dat jy ’n gemaklike voorkoms deur die dag kan hê, maar steeds vir ’n aandgeleentheid jou hare meer formeel kan stileer. Boonop laat die ombré kleur dit lyk asof jou hare deur die son verlig is. Dit laat jou kroon natuurlik en glansend lyk. Dis geen verrassing dat ander sterre soos Reese Witherspoon, Jennifer Aniston en ons eie Diaan Lawrenson reeds dié haarstyl-tendens gevolg het nie.

Pas jou haarstyl by jou gesigvorm? Vind só uit

Nou kan jy sommer sélf die ombré skep

Jy kan die ombré-voorkoms kry deur die punte van jou hare met die nuwe L’Oréal Paris Préférence Colour Ombrés (R160) te kleur. Omdat jy die kleursel nie op jou haarwortels aanwend nie, sal dit ook nie nodig wees om die kleursel gereeld op te knap nie. Beskikbaar in Red Ombré en Copper Ombré.

Die Gary Rom-blog: Van sjokolade na karamel op jou hare