Die kantpaadjie was dié haar-trend by gisteraand se Screen Actors Guild-toekennings. Tog het nie een haarstyl soos die ander gelyk nie. ’n Kantpaadjie pas by enige styl en kan jou voorkoms in ’n kits vernuwe, maar dit sorg ook vir ’n sagte, romantiese voorkoms, perfek vir ’n glansgeleentheid.

Van sexy golwe tot superblink en reguit – dié sterre se kantpaadjie-style het ons beïndruk.

1. Kantpaadjie met golwe

Salma Hayek

2. Kantpaadjie met "ou Hollywoodse" kartels

Emma Stone

WENK: As jy fyn, reguit hare het wat geneig is om plat te val, kies ’n kantpaadjie. Dit gee natuurlike volume aan jou hare.

3. Kantpaadjie met ’n opstyl

Amy Adams

4. Kantpaadjie met superreguit hare

Sofía Vergara

5. Kantpaadjie met effens deurmekaar golwe

Amanda Peet

WENK: ’n Kantpaadjie help om ’n ronde of vierkantige gesigvorm langer te laat lyk en jou kakebeen, oë of wenkbroue te beklemtoon.

6. Kantpaadjie met kort hare

Michelle Williams

7. Kantpaadjie met ’n bob

Viola Davis

Lees nou

Nicole Kidman se rok laat die koppe draai

Ons skoonheidsgunstelinge by die Golden Globes