Hoekom trek verskillende geure verskillende vroue aan?
'n Parfuum weerspieël jou bui en persoonlikheid. Hoekom het soveel vroue só baie skoene of handsakke? Dit is dieselfde met parfuum . . . 'n vrou wil haarself uitdruk! Waarom hou soveel vroue van vrugte- en blommegeure?
'n Vrugte-blomgeur blyk om universeel die mees aanvaarde parfuumkategorie te wees. Dit is maklik om hulle te verstaan, te eien en te dra. Hoekom moet 'n vrou parfuum dra?
Jou sin vir geur is die primitiefste van jou 5 sintuie. Regdeur evolusie was dit die reuksintuig wat gewaarsku het teen gevaar (soos in die geval van 'n brand) en dis ook hoe die diere hul gebied merk en die perfekte maat vind. Hoewel geur nie tasbaar is nie, is dit absoluut die kragtigste sintuig. Jy kan iemand uit jou verlede onthou net deur 'n bietjie van hul parfuum te ruik – selfs dekades daarna! Wat doen parfuum vir 'n vrou?
Dit is die ultimate bykomstigheid. Geur lig jou gemoed, dit gee jou selfvertroue 'n hupstoot en skep 'n emosionele verbintenis tussen jou en die mense om jou. Watter nuwe neigings gaan ons in die toekoms sien?
Met die wêreldwye ekonomie wat swaarkry gaan vroue terugkeer na klassieke geure. Vroue sal soek vir outentieke strukture in parfuum en gehalte-bestanddele. ¦ Probeer 'n nuwe geur soos Jo Malone Dark Amber & Ginger Lily – dis nuut, vars en 'n bietjie donker!