Ek het my huidige styl gekies, want dis hoe San-Mari [die karakter wat Amalia in 7de Laan vertolk] se hare nou moet lyk. Destyds is my hare kort gesny en dit was vreeslik hartseer vir my. Danie Odendaal [vervaardiger] het gevoel my karakter het ’n drastiese verandering nodig gehad. Ons is nou in die tussenin-fase waar my hare nog ’n bietjie moet groei voor ons dit dié keer in ’n vars, jong styl gaan omskep.

Die grootste uitdaging met my hare is dat dit baie dik en krullerig is. Ek het lank probeer om dit reguit te dra, maar onlangs het ek oorgegee en nou dra ek ’n poniestert of ’n bolla as ek nie op stel is nie.

My gunsteling-haarproduk is Kérastase Oléo-Relax Smoothing Masque For Dry, Rebellious Hair (R360) – dit maak jou hare sag en hanteerbaar.