Hier’s jou kans om ou skoonheidsgewoontes te groet en ’n paar nuwes te beproef. Winter se lang dae is ’n goeie tyd.

Hare wat onnatuurlik lyk is uit. ’n Haarkleur wat by jou vel pas is in. As die kleur te donker of lig is, kan jou gelaat vaal lyk en jy kan selfs ouer voorkom, sê Natalie van Heerden, bemarkingsbestuurder van Schwarzkopf.

Natalie se wenke

  • Moenie jou hare meer as twee skakerings ligter of donkerder as jou eie hare kleur nie.

  • Jy kan steeds met kleur eksperimenteer. Probeer ligstrepies – dit is meer subtiel as om jou hele kop te kleur.

  • Kies die regte skakering vir jou velkleur só

  1. Donker kleure pas by ’n olyfkleurige vel. Moenie jou hare ligter as jou velkleur kleur nie, want dit gaan onnatuurlik lyk.
  2. As jy ’n pienk ondertoon het, vermy warm rooi of goudblonde skakerings.
  3. As jou velkleur baie lig is, vermy swart of donker skakerings. Dit kan jou baie bleek en ouer laat lyk.
  4. Wees versigtig vir skakerings met geel, goue of oranje ondertone as jou vel ’n geel  ondertoon het. Dieprooi en donkerbruin skakerings is ’n veiliger keuse.

NUWE HAARTREND!

Sombré – dis minder drasties as die ombré, waar jou hare onder heelwat ligter is as bo. Die oorgang van donker na lig is natuurliker.

Die spuitkop maak dit maklik om Caribbean Tan Self Tan Tan in a Can Instant (R85 vir 200 ml) aan te wend ’n Natuurlike kleur wat ook glans aan jou hare gee – Clairol Nice ’n Easy in Natural Lighter Golden Brown (R110)

Vir ’n natuurlike sonbruin voorkoms, probeer St. Tropez Self Tan Bronzing Mousse (R550). By uitsoektakke van Clicks Die perfekte skakering vir ’n koeler veltoon – Garnier Color Sensation Intense Permanent Color Cream in Intense Precious Garnet (R60)

Wend dit daagliks aan om geleidelik ’n sonbruin voorkoms te skep – Dove Summer Glow Nourishing Lotion for Fair to Normal Skin (R33 vir 250 ml) Kleur en voed jou hare terselfdertyd met Schwarzkopf Color Mask in Pearl Blonde (R130). By Clicks

Vermy die son en raak veilig sonbruin met Xen-Tan Premium Sunless Tan (R480). Besoek www.xen-tan.co.za Die formule beklemtoon natuurlike ligstrepies en gee glans aan bruin hare – John Frieda Brilliant Brunette Multi-tone Revealing Daily Shampoo (R95). By Clicks