Onderlaag wat aangeplak lyk is uit. ’n Douerige, stralende vel is in. Gebruik die regte grimeerprodukte om ’n natuurlike, glansende en gesonde voorkoms te skep, sê Linda O’Connell, grimeerkunstenaar van Maybelline.

Linda se wenke

1) Wend eers ’n basislaag (primer) aan. Dit vul fyn lyntjies en maak jou vel superglad. ’n Basislaag is veral belangrik as jy ouer is. As jy jonk is, kan jy dit los.

2) As jy ’n mooi vel het, wend ’n BB- of CC-room aan. Dié rome se tekstuur is lig en bedek jou vel liggies sodat dit natuurlik lyk. As jy ’n probleemvel het, gebruik ’n vloeibare onderlaag. Vermy ’n onderlaag met ’n mat afwerking of ’n poeier-onderlaag (compact foundation). Dit gaan nie sorg vir daardie douerige voorkoms nie.

3) Jy kan jou BB- of CC-room of onderlaag met jou vingers of ’n onderlaagborsel aanwend. Begin in die middel van jou gesig en werk na buite. Probeer om so min moontlik van die produk te gebruik sodat jou vel steeds “deurskyn”.

4) Gebruik net ’n klein bietjie poeier op jou T-sone as jou vel neig tot olierigheid.

5) Tik ’n verligter op jou wangbene, op jou oogbanke en aan die binnekant van jou oë.

6) Gebruik oogskadu en ’n blosser met ’n room-tekstuur om dié voorkoms af te rond.

Dié onderlaag weerkaats lig sodat jou vel stralend lyk – Clarins Skin Illusion Natural Radiance Foundation SPF 10 (R375) Dié onderlaag weerkaats lig sodat jou vel stralend lyk – Clarins Skin Illusion Natural Radiance Foundation
SPF 10 (R375)

’n Veerligte onderlaag wat porieë verbloem – Maybelline Dream Satin Liquid Air Whipped Foundation Air Brush Finish (R165) ’n Veerligte onderlaag wat porieë
verbloem – Maybelline Dream Satin Liquid Air Whipped Foundation
Air Brush Finish (R165)

Vir baie ligte bedekking wat jou vel ook verlig en bevog, probeer Chanel Les Beiges All-In-One Healthy Glow Fluid SPF 15 (R620) Vir baie ligte bedekking wat jou vel ook verlig en bevog, probeer Chanel Les Beiges All-In-One Healthy Glow Fluid SPF 15 (R620)

Gebruik dit as verligter op jou wangbene en jou oogbanke – M.A.C Lustre Drops in Pink Rebel (R220) Gebruik dit as verligter op jou wangbene en jou oogbanke – M.A.C
Lustre Drops in Pink Rebel (R220)

Die romerige formule van Avon Ideal Flawless BB Skin Loving Beauty Balm SPF 15 (R160) bedek en bevog jou vel. Skakel 0860 102 345 Die romerige formule van Avon Ideal Flawless BB
Skin Loving Beauty Balm SPF 15 (R160) bedek en bevog jou vel. Skakel 0860 102 345