Koos Kombuis praat van die swart, swart see in sy liedjie “Lisa se klavier”. Die see bly misterieus – ons het selfs meer kennis van Mars se “dooie seë”as van ons eie. Wat ons wel weet, is dat die rol van oseane onmisbaar is in ons lewe: Hulle help reguleer die klimaat, met die verskaffing van suurstof en is die hoofbron van proteïene vir mense wêreldwyd.

Boonop is 200 miljoen ‘Die kuur vir enigiets is soutwater – sweet, trane, of Die see’  Isak Dinesen, skrywer mense se ekonomiese bestaan afhanklik van die see – van vissermanne tot menseredders.  Maar hoewel die see 70% van die aarde se oppervlak beslaan, is dit nie immuun teen die mens se invloed nie. Daarom probeer die internasionale organisasie Oceana die wêreld se oseane beskerm.

Die skoonheidshuis La Mer, wat seekelp in hul produkte gebruik, ondersteun Oceana om seker te maak hulle ploeg terug wat hulle gebruik. Hierdie toewyding aan die see het begin by die La Mer-stigter, dr. Max Huber, vyftig jaar gelede, sê Maureen Case, wêreldwye president van Estée Lauder, La Mer se moedermaatskappy.

“Hy was bewus van die helende kragte van die see en het die seisoenale en omgewingsveranderinge nagevors.” Andy Sharpless, uitvoerende hoof van Oceana, meen ons het ’n spirituele verbintenis met die see: “Die mens is tog diep bewus daarvan dat die toestand van ons oseane ’n aanduiding is van hoe ons dit behandel. As die see besoedel en seergemaak word, weet ons die sirkel van die lewe word versteur, en dat dit reggestel moet word,”sê hy.

Die ruimtevaartfisikus dr. Max Huber was gefassineer deur die vernuwende bestanddele in seekelp – 12 jaar en 6 000 eksperimente later is Crème de la Mer gebore. La Mer ploeg ook geld terug om ons oseane te beskerm en in stand te hou.
 

UIT DIE DIEPTES


Givenchy Le Soin Noir (R3 600), ’n alge-vogroom. Crabtree & Evelyn Aromatherapy
Distillations Seven Seas Bath Salts (R900).
La Prarie Advanced Marine  Day/Night
Crème de la Mer (R2 900 vir 100 ml) is van 1 Junie in dié spesiale verpakking beskikbaar om Wêreld-Oseandedag te vier. Gatineau Marine Therapie Moisturising Scrub.
La Prairie Advanced Marine Biology Solution Day/Night (R1 850).