Alles wat mal is, ’n nuwe Afrikaanse fliek met Erica Wessels en Louw Venter, het een gelukkige SARIE.com-leser die kans gegee om ’n mooimaaksessie te wen. En die wenner is die 39-jarige Naomi Bütow.

Hier is Naomi se mooimaaksessie

Naomi besit haar eie bemarkingsagentskap, maar tussen haar werk as mediabeplanner en ’n ma van twee kleuters het sy afgerem en konstant moeg gevoel. Sy het toe besluit om in te skryf vir die wedstryd op SARIE.com om "ontvlugting" te kry van haar alledaagse roetine.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê Naomi?

Beskryf jou klerestyl en wat jy intussen geleer het

Ek het ’n baie eenvoudige styl en dra meestal swart en grys. Nou het ek geleer dat ek meer waaghalsig kan wees met kleur en tekstuur!

Was jy verras om jouself in die spieël te sien?

Ek was baie verras om myself te sien. Wat my die meeste opgeval het, was hoe sag en natuurlik ek gelyk het. Dit was vir my belangrik om steeds soos myself te lyk.

Hoe het jy die moomaaksessie ervaar?

Op my troudag het alles skeefgeloop met my hare en grimering. Ek het gevoel asof ek ’n tweede kans gekry het op “my mooiste dag”. Dit was vir my baie genesend.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat was jou familie en vriende se reaksie?

My man sê ek lyk asemrowend – soos ’n model! My 4-jarige dogter sê sy hou baie van my hare so en my vriendinne het ook net mooi goed te sê gehad.

Wat het dié mooimaaksessie aan jou selfvertroue gedoen?

Ek dink nie ek sukkel met selfvertroue nie, maar ek het geleer dat dit baie belangrik vir my as ma is om tyd te neem en na myself om te sien. Ek maak twee dogters groot en wil vir hulle ’n voorbeeld stel.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Wat sê die mooimaakspan?

Leverne Botha – grimeerkunstenaar

Ek het Naomi se veltoon met ’n ligte onderlaag ’n eweredige voorkoms gegee. Om haar pragtige oë te beklemtoon het ek met brons en bruin oogskadu's gewerk. Haar voorkoms is afgerond met ’n sagte perskekleurige lipstiffie.

Leverne besig om Naomi op te kikker FOTO: Veronique Mills Leverne besig om Naomi op te kikker
FOTO: Veronique Mills

Elaine, stilis

Ek het gespeel met sagte kleure en skakerings wat goed by haar gelaat en grimering gepas het. Sy het pragtig gelyk in haar nuwe uitrustings. Die twee rokkies wat ek gekies het, het haar ’n vroulike, sagte en stylvolle voorkoms gegee.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Veronique Mills – fotograaf

Ek en Naomi het baie lekker oor die weg gekom, sy het die poses so maklik reggekry! Sy het sag en vroulik op kamera vertoon. Naomi het ’n paar moeilike jare agter die rug en dit was wonderlik om haar bietjie te kon bederf.

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

Klere van Slate, Willowbridge

BESPREEK VIR JOU ’N MOOIMAAKSESSIE

Om jou mooimaaksessie by Veronique en haar span te bespreek, besoek hul webtuiste by www.glamourmakeovers.co.za of kontak hulle direk by 079 737 7397 / info@glamourmakeovers.co.za

FOTO: Veronique Mills FOTO: Veronique Mills

PRETORIA!

Die span kom binnekort Pretoria toe om daar ook mooimaaksessies te doen. Bespreek jou plek nou by info@glamourmakeovers.co.za

Waaroor gaan Alles wat mal is?

Helena Joubert (Erica Wessels) het haarself verloor. Iewers tussen haar varsity-kys, die ja-woord en twee woelwater-seuntjies, het die Helena wat sy ken verdwyn. Sy en haar man, Gustav, se passievolle verhouding het plek gemaak vir ’n permanente skietstilstand. Die eens uitgelate, ongeïnhibeerde meisie van haar jongdae is nou net tartende foto’s teen die muur en haar joernalistieke drome het plek gemaak vir sporadiese artikels in nietige publikasies. Hoe het dit gebeur dat haar lewe so klein geword het? Hoe het dit gebeur dat haar enigste vriendin en vertroueling haar huishulp Miriam is?

Alles begin verkeerd loop in Helena se lewe. Die chaos bereik uiteindelik breekpunt en Helena se uitdagende alter ego maak haar verskyning en besluit om in te gryp. In die proses ontdek sy 'n stukkie van haar ou self, 'n stukkie wat lankal smeek om aandag. Sy durf verskeie nuwe eksentrieke avonture aan kompleet met Miriam en die twee woelwaters op sleeptou. Haar bittersoet konklusies deel sy met haar "Alles wat mal is"- bloglesers, maar nie almal stem saam met haar vreemde projekte nie. . .