Dié advertensie, Camera Shy, vra ’n moeilike vraag: Wanneer het jy opgehou om jouself as mooi te sien?

In die video kruip vroue van alle ouderdomme vir die kamera weg – agter hul hare, onder ’n kussing, agter ’n boek ... Daar is selfs vroue wat deure toeslaan om die kamera te vermy! Dan sien jy skielik dogtertjies wat vir die kamera poseer en lag sonder om enigsins skaam te wees.

Kyk net hoe bewonder dié kleinding haarself in die spieël!Nie 'n skaam haar op haar kop nie!

Die boodskap? Gaan dink wanneer jy ophou glo het jy is mooi genoeg om afgeneem te word. Nes kleintyd kan jy vandag ook jou skoonheid vier.

Die internasionale advertensiemaatskappy Ogilvy & Mather London het in Mei by die Cannes-rolprentfees die gesogte Gold Film Lion-toekenning in die afdeling Produkte en Dienste vir dié advertensie gewen. Dié toekenning vereer uitnemendheid in kreatiewe kommunikasie.

Kyk die video hier!