Jou oë is dalk die vensters tot jou siel, maar dis nie noodwendig jou belangrikste gelaatstrek nie. En alhoewel wenkbroue en wimpers dieselfde doel dien (dis ’n beskermende meganisme wat stof, sand en sweet uit jou oë hou), kraai welige wenkbroue koning as dit by gelaatstrekke kom.

Die aktrises Lily Collins en Cara Delevingne is bekend vir hul wenkbroue.

Off to chat with the HFPA for @TotheBoneMovie and @LastTycoonTV bright now...

A post shared by Lily Collins (@lilyjcollins) on

Another of my favourite shots from my @glamourmag piece. You can read it now - Link in my bio

A post shared by Cara Delevingne (@caradelevingne) on

Wat maak wenkbroue dan só spesiaal?

Yahoo! Health haal ’n studie aan deur ’n span van die Universiteit van Lethbridge in Kanada waarin bevind is dat wenkbroue ’n baie belangrike rol speel wanneer dit kom by gevoelens uitdruk en gesigte herken. Navorsers het aan deelnemers 50 foto’s van bekendes gewys – 25 sonder hul wenkbroue en 25 sonder hul oë. Die deelnemers kon 56% van die celebs sonder hul oë identifiseer, maar heelwat minder – 46% – sonder hul wenkbroue. Volgens die navorsers help dikker wenkbroue om jou gesig meer herkenbaar te maak omdat dit soveel meer uitstaan. Kyk maar net hoe vreemd lyk dié bekendes sonder hul wenkbroue ...

Kry jou perfekte wenkbroue

Grimeerkenners beklemtoon gereeld hoe belangrik dit is om nie jou wenkbroue af te skeep wanneer jy grimeer nie. Dit raam jou gesig en rond jou voorkoms af. Goedversorgde wenkbroue kan jou ook jonger laat lyk omdat wenkbroue voller en meer reguit is wanneer jy jonk is.

Voller wenkbroue wat natuurlik lyk – dit is dus nie te veel gepluk nie en die vorm het nie ’n oordrewe boog nie – is waarna jy moet streef. As jy reeds vol wenkbroue het, kan jy dit net effens inkleur. Vir yler haartjies is daar nou slim produkte soos ’n poeier wat volume gee en wenkbrou-maskaras.

Probeer een van dié wenkbrouprodukte:

1. Elizabeth Arden Statement Brow Brow Gel (R285)

’n Jelformule werk goed as jy reeds voller wenkbroue het. Dit bedek ook grys haartjies en hou elke wenkbrouhaartjie heeldag in plek.

2. Bodyography Brow Assist Triangular Brow Pencil (R250)

’n Wenkbroupotlood is perfek om vinnig jou wenkbroue liggies mee in te vul op ’n besige dag. Soek vir een met ’n borseltjie sodat jy ook jou wenkbroue netjies kan kam. By uitsoektakke van Placecol-, Perfect 10- en Dream Nails-salonne

3. Maybelline Brow Satin Smoothing Duo-Brow Pencil & Filling Powder (R110)

Poeierformules sorg vir ’n dramatiese, meer gedefinieerde wenkbrou-voorkoms.

4. Eylure Brow Amplifier (R109)

Maskara vir jou wenkbroue! By Dis-Chem

5. Revlon ColorStay Brow Crayon (R179)

Dié formule wend aan soos ’n potlood, maar gee volume en ’n welige afwerking soos ’n poeier.

Bronne: www.yahoo.com, www.harpersbazaar.com