Hou dit in jou laaitjie

Vrugte stafies
Kyk uit vir die Safari se “Just Fruit” lae-GI stafies,  om jou langer versadig te hou teen minder kalorië.  Een stafie dien as een vrugte porsie vir die dag. 


Donker sjokolade
Hou ’n 70% donkersjokolade byderhand, dis lekker en gesond, waarvoor meer kan jy dan nou vra? 
Brasilianse neute
Hou ’n pakkie brasiliaanseneute in jou lessenaarlaai, maar onthou om slegs ’n handvol, 30g, uit te haal en die pakkie terug te sit, anders stuur jy e-posse sonder om agter te kom  hoeveel jy eet!


Tuna
Vandag verkoop John West gegeurde tuna in pakkies.  Propvol proteïne en gesonde olies vir breinkos is dit perfek vir tye waar jy nie uit die kantoor kan ontsnap om middagete te gaan koop nie!