Ons het nie altyd die tyd of geld om elke maand vir ’n gesigbehandeling by ’n skoonheidsalon te gaan nie. Dit beteken nie jy hoef daarsonder klaar te kom nie. Doen sommer só jou eie gesigbehandeling by die huis:

Stap 1: Reinig jou gesig

’n Reiniger wat jou vel sagkens skoonmaak, werk vir alle velsoorte. Vermy reinigers wat jou vel droog laat voel. Soek ’n wateroplosbare reiniger wat nie jou vel irriteer nie. Vryf die reiniger in sirkelbewegings oor jou gesig voordat jy dit afspoel. Werk sagkens en moenie aan jou vel trek nie omdat dit die elastien-vesels verswak en kan veroorsaak dat jou vel sy fermheid verloor. Verwyder alle hardnekkige grimering, soos maskara, met ’n grimeerverwyderaar.

Probeer:

Stap 2: Skilfer jou vel af

Afskilfering is belangrik omdat dit help om van dooie selle op die veloppervlak ontslae te raak. Dit help ook dat velsorgprodukte makliker geabsorbeer word.

Jy kan ’n gesigskrop gebruik, of ’n afskilferaar wat sure bevat. As jy ’n gesigskrop gebruik, moet dit sag op jou vel voel. Vryf dit met ligte sirkelbewegings oor jou gesig vir ’n paar sekondes voordat jy dit afspoel.

Sure help om jou vel egalig af te skilfer. Kyk uit vir afskilferaars wat AHA’s (alfahidroksisuur) of BHA (betahidroksisuur, ook bekend as salisielsuur) bevat. Jy moet hierdie produkte meestal vir ’n rukkie op jou gesig los voordat jy dit afspoel. Lees die aanwysings noukeurig.

Probeer:

Stap 3: Gebruik ’n masker

’n Masker is soos ’n vog-inspuiting vir jou vel. Dit is goed om minstens een keer in ’n week ’n masker op jou gesig te gebruik. Die meeste maskers moet vir tussen 15 – 20 minute op jou vel bly voordat jy dit afspoel.

Stap 5: Bevog

Wend ’n vogroom aan. Gebruik ’n vogroom met ’n waterige of jeltekstuur as jy ’n olierige of kombinasie-vel het. Kies ’n dikker, ryker vogroom vir ’n droë vel.

Ekstra sorg deur die nag

Daar is tans verskeie maskers op die rak wat jy oornag op jou vel hou. Jou vel se spitstyd vir herstel is gedurende die nag terwyl jy slaap en dié maskers voorsien jou vel van bestanddele wat die herstelproses ’n hupstoot gee.

Probeer: