Volg dié stappe om jou grimeerborsels te merk sodat jy altyd weet watter is joune en waarvoor elkeen is.

Jy het nodig

20140306_152859

  • ’n Skêr
  • Kleefband
  • Jou grimeerborsels
  • Verskillende kleure naellak

Stap 1

Vat ’n stukkie kleefband en plak dit om die punt van jou grimeerborsel vas sodat ’n stukkie van die borsel se punt steeds uitsteek.

20140306_145117Stap 2

Kies ’n naellak en verf nou die punt van die grimeerborsel. Wag vir die naellak om droog te word.

20140306_145301Stap 3

Haal die kleefband versigtig af wanneer die naellak droog is.

20140306_152937Stap 4

Herhaal die drie stappe met jou ander grimeerborsels en verf elkeen se punt ’n ander kleur.

20140306_153034