Dit is net minder as 'n maand voor Valentynsdag, maar die skoonheidspan is reeds in die gees van dié dag van liefde! Ons wys jou stap vir stap hoe om self 'n prettige voorkoms vir jou naels te skep.

* Jy het nodig

  • 'n ligte en 'n donker naellak (ons het ligpienk en rooi gekies)
  • kleefband
  • 'n skêr
  • 'n deursigtige naellak

Stap 1: Verf jou naels met 'n wit of ligpienk skakering naellak. Wag dat dit droog word.

Stap 2: Plak die punte van 'n stukkie kleefband aanmekaar sodat jy dit weer sal kan lostrek.

Stap 2

Stap 3: Knip nou die helfte van 'n hartvorm uit aan die kant wat toe is.

Stap 3

Stap 4: Vou die kleefband oop. Daar behoort nou 'n hartjie te wees.

Stap 4

Stap 5

Stap 5: Plak die kleefband met die hartvorm op jou nael.

Stap 6

Stap 6: Gebruik die rooi naellak en verf oor die hart-gedeelte. Trek dan die kleefband af terwyl dit nog nat is.

Stap 7

Stap 7: Wag vir die hartjie om droog te word en rond jou voorkoms af met 'n deursigtige naellak.

Stap 8

* Kyk op bl. 100 van die Februarie-uitgawe van SARIE vir nóg twee stap-vir-stap-naelkuns-voorkomste.