Die inhoud van jou koskas het veel meer voordele as om net op jou bord te beland. Jy kan baie van dié produkte ook in jou skoonheidsroetine gebruik.

Hollywood-sterre deel dié wenke op die webblad, allaboutyou.com.

Cindy Crawford

Die beeldskone supermodel het ’n kitsoplossing uit die kombuis om haar vel deur die loop van die dag te bevog. Die geheime bestanddeel? Cleopatra se gunsteling – melk! Cindy meng melk en water en sproei dié mengsel deur die dag op haar gesig vir ’n vog-inspuiting.

Teri Hatcher

FOTO: Twitter FOTO: Twitter

Die voormalige Bond-meisie en Desperate Housewives-ster se skoonheidsgeheim is wyn! Pleks dat Terry oorskietwyn weggooi, voeg sy dit wyn by haar badwater. Dis ’n natuurlike afskilferaar en bevogtiger vir jou vel en sommer ook ’n lekker bederf, sê sy.

Cameron Diaz

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die pragtige aktrise erken dat sy al botox getoets het en nie daarvan gehou het nie. Cameron, wat van kleintyd af met aknee sukkel, se geheim is om melkpoeier as afskilferaar te gebruik. Sy vryf bietjie van die poeier oor haar klam gesig en nek-area, spoel dit af en gebruik dan ’n handdoek om haar gesig af te droog.

Angelina Jolie

Foto: Gallo Images/ Getty Foto: Gallo Images/ Getty

Angie glo water se invloed op haar voorkoms is reusagtig. As jy nie genoeg water drink nie, word jou vel droog en daar vorm sakkies onder jou oë. Dié aktrise en ma se top-wenk is om seker te maak jy drink baie water en kry genoeg slaap. Sy reken dat dít, saam met genoeg oefening, jou vel en hare stralend en gesond hou.

Julia Roberts

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

As ma moet vroue dikwels hul skoonheidsbederfies laat staan. Vir Julia is daar ’n vinnige oplossing wanneer sy nie tyd het om vir ’n manikuur te gaan nie. Sy week haar naels vir tien minute in olyfolie. Die aktrise verduidelik dat die olyfolie jou naels bevog sonder om dit sag en swak te maak. Boonop maak dit die naelvliesies lekker sag.

(Bron: allaboutyou.com)

Plaaslike bekendes doen dit ook...

Amalia Uys

FOTO: verskaf FOTO: verskaf

Nes Angelina Jolie glo die rooikop-aktrise dat water en genoeg slaap baie belangrik is in jou skoonheidsroetine. Maar Amalia het nog ’n geheim - sy maak soms haar eie voet- en handskrob! Sy voeg bloot suiker en olyfolie saam en gebruik dié mengsel dan as ’n tipe skrobroom. Amalia het ook geleer om haar natuurlike voorkoms te aanvaar.

Elana Afrika

FOTO: Facebook FOTO: Facebook

Dié radio-omroeper en TV-aanbieder begin haar dag deur haar gesig met laventel te was, het sy in SARIE se Augustus-uitgawe van 2013 gesê. Dié krui met sy pers blommetjies bevat antiseptiese bestanddele wat help om merke op jou gesig ligter te maak en seer plekkies vinniger gesond maak. Kliek hier vir nog van Elana se skoonheidswenke.