Is daar sekere note wat die meeste donker geure gemeen het of gaan dit meer oor 'n sekere stemming?

Wanneer ons van donker parfuums praat, verwys ons gewoonlik na die Oosterse geurfamilie. Elemente wat hierin ooreenstem, is amber en balsem. Hierdie note gee rykheid, diepte en romerigheid aan geure, soos in DKNY Be Delicious Night. Die stemming speel ook 'n groot rol, aangesien verbruikers hierdie kategorie as ryk en misterieus beskou.

Hoekom sal 'n Oosterse parfuum vir ons aanloklik wees?

Daar is verskillende argetipes vir die persoonlikhede van vroue en een is verleidelik. Hierdie persoonlikheid is baie sensueel, betowerend en misterieus. Die Oosterse geure is perfek vir hierdie vrou.


Is daar tye wanneer daar meer donker geure op winkelrakke sal wees?

Die siklus van geure beweeg stadig. Donker parfuums is gewoonlik mode in tye wanneer vroue hulself laat geld en hul sensualiteit met selfvertroue uitstraal. Dit word dikwels gekoppel aan die positiewe. Dit kan ook toegeskryf word aan verskillende fases in ’n vrou se lewe. Soos wanneer sy 'n mylpaal in haar lewe behaal. Dan kies sy dalk 'n uitdagender geur.

Is daar lande waar donker parfuums beter verkoop?

Donker geure vaar goed in Europa en die Midde-Ooste. In Europa lyk dit asof vroue gemakliker is met hul sensualiteit en in die Midde-Ooste is harpuis-note inherent aan hul kultuur.

LEEF VERLEIDELIK





Jean Paul Gaultier Ma Dame (R495 vir 30 ml EDP) Tom ford Black Orchid (R595 vir 30 ml EDP) DKNY Be Delicious Night (R395 vir 30 ml EDP) Narciso Rodriguez For Her (R695 vir 50 ml EDT)




Jo Malone Dark Amber & Ginger Lily Cologne (R520 vir 30 ml) Van Cleef & Arpels Oriens (R450 vir 30 ml EDP)
Sean John Unforgivable (R365 vir 30 ml Scent Spray) Porsche Design The Essence Intense (R720 vir 50 ml EDT)