Drew Barrymore het 'n grimeerreeks, Flower, begin.
Dis hoe Flower, Drew Barrymore se grimeerreeks, se webblad lyk.

Terwyl sy en Adam Sandler onlangs in Suid-Afrika hul nuwe fliek, Blended, verfilm het, het Drew sommer ’n video met grimeerwenke opgeneem. Kyk net hoe mooi lyk Sun City in die agtergrond terwyl sy wenke deel oor hoe om bruin oogomlyner aan te wend.

Die video wat Drew in Suid-Afrika opgeneem het.

Flower is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, maar ons is mal oor die inspirerende webblad met pragtige foto’s van hul reeks produkte vir jou gesig, oë, lippe en naels.

Die inspirerende foto's van Flower se oogprodukte. Flower het ook 'n reeks lipstiffies. Kyk net die mooi naellak van Flower, Drew Barrymore se eie grimeerreeks.
Die mooi foto's op Drew Barrymore se webblad!

Drew Barrymore wys jou selfs stap-vir-stap hoe om verskillende grimeervoorkomste te skep met spesiale videos – van verbronser en rokerige oë tot hoe om jou grimerng van ’n dag- na aandvoorkoms te verander.

Lees ook ons skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, so blog-inskrywing oor verbronser.

Drew Barrymore het nou haar eie grimeerreeks begin.