Wanneer jou liggaam en gees gesond is, lyk jou vel net mooier. Voed jou vel van binne deur dié week saam met ons die eenvoudige drankie-spyskaart te volg vir ’n gesonde, stralende gelaat.

Wanneer ons byvoorbeeld baie stres, te veel alkohol drink, rook of blootgestel word aan besoedeling en die son, vorm vry radikale wat bydra tot die voorkoms van donker vlekkies, plooie en fyn lyntjies op jou vel. Die goeie nuus is dat daar, buiten ’n goeie velsorgroetine, ook natuurlike vegters teen dié faktore bestaan. Eet en drink bloot gereeld kos en vloeistowwe wat antioksidante bevat om skade van binne te veg.

Volg dié daaglikse vloeistof-spyskaart vir ’n gesonde vel

20160610_Welweesdag

Water

Water is een van jou vel se belangrikste boustene. Dit versterk die velwand en plomp jou vel op sodat dit soepel, sag en jonk lyk.

Groensap

Groen groentes bevat hope voedingstowwe wat jou liggaam se vermoë om nuwe selle te vervaardig ’n hupstoot gee. Só verminder groen groentes onder meer die kanse vir die ontwikkeling van kankerselle.

Lees verder vir Charis van den Heever, SARIE se skoonheidsredakteur, se maklike groensapresep ...

Groentee

Dié kalmerende warm drankie is ’n kragtige wapen teen inflammasie danksy ’n spesiale antioksidant wat vrygestel word wanneer die tee warm is (drink dit daarom vóór dit koud word!). Boonop bevat groentee unieke aminosure wat help om jou liggaam te laat ontspan.

Rooiwyn

Ja, een glasie rooiwyn saam met aandete ís goed vir jou! Die kragtige antioksidant resveratrol kom in groot hoeveelhede in rooi druiwe se skil voor en is anti-inflammatories. Dit het ook die vermoë om kollageenvervaardiging aan te wakker, bestaande skade aan selle te verminder én jou vel teen sonskade te beskerm.

Water met komkommer- en suurlemoenskywe

Komkommers bevat baie minerale, soos onder meer magnesium wat die vorming van fyn lyntjies en plooie vertraag, terwyl vitamien C in suurlemoene help om jou vel te verhelder.

Rooibostee

Rooibostee is ’n natuurlike bron van alfahidroksisure. Dié tipe suur is ’n gewilde afskilferaar in velsorgprodukte en help jou vel om vog en fermheid te behou. Dit gee ook aan jou gelaat ’n gesonde, stralende gloed.

Laaste reddingshond van 9/11 is oorlede

Charis van den Heever, SARIE se skoonheidsredakteur, deel haar staatmaker-groensapresep:

charistoetsEk is mal oor ’n groensap. Ek maak op Sondae ’n groot hoeveelheid, gooi dit in kleiner bottels en vries dit vir die komende week. Ek haal dan net elke dag ’n groensap uit die vrieskas, wag tot dit ontdooi en geniet dit! My gunsteling-resep is:

• 2 appels

• 1 komkommer

• 1 stingel seldery

• ’n hand vol spinasie

• 1 snytjie suurlemoen

• klein stukkie gemmer

Gooi dit alles saam in ’n versapper en geniet! Die 2 appels maak die sap heerlik soet, maar as jy minder suiker wil inneem, kan jy net een appel gebruik.

Probeer ook velsorgprodukte wat dié superbestanddele bevat:

Bronne: www.marieclaire.com, www.womenshealthmag.com, www.prevention.com

Lees nou

Nadia, Donnalee, Diaan en Rolene - jy kan ook so mooi lyk!

Pas jou haarkleur? Vind met dié truuk uit!