Die gesig van hul borskankerveldtog is die model en aktrise Elizabeth Hurley. Elizabeth vertel meer oor borskanker: Wat maak vanjaar se veldtog anders? Die nuwe tema: Connect. Communicate. Conquer. Prevent Breast Cancer One Woman At A Time. The Pink Ribbon. Wear It. Share It. Ons wil hê dat mense wêreldwyd met mense rondom hulle 'n verbintenis sal vorm en die belangrikheid van borskankerbewustheid besef om so hierdie siekte vir eens en vir altyd te oorwin. Oor Elizabeth: Sy bly tans tussen Gloucestershire in Londen en Bombaai saam met haar 7-jarige seun, Damian en haar man, die sakeman Arun Nayar. Buiten haar werk as model en aktrise het sy ook haar eie stranddragreeks en sy produseer organiese eetgoed.