Die Revlon-ambassadeur is met Revlonprodukte gegrimeer deur CHANEL se grimeerkunstenaar, Rachel Goodwin.

Volgens Rachel was Emma se fuchsia Giambattista Valli-rok die inspirasie vir haar voorkoms. “Ek wou haar grimering baie vroulik hou, soos ’n hedendaagse ballerina, en het ’n verskeidenheid sagpienk skakerings op haar oë, lippe en wange gebruik.” 

Emma het haar uitrusting vir die aand afgerond met ’n palmhandsakkie, oorbelle en bonkige armband - alles van Louis Vuitton.