Hallo, Tom!

Die skoonheidshuis Estée Lauder het pas die wêreldbekende grimeerkunstenaar Tom Pecheux as hul kreatiewe grimeerdirekteur aangewys.
Tom het al saam met top-fotograwe soos Mario Testino en Patrick Demarchelier gewerk en het al die grootste modeontwerpers se modeweek-grimering hanteer - Givenchy, Yves Saint Laurent en
Jean Paul Gaultier
. In die vroeë 90’s het sy kreatiewe vennootskappe met Mario Testino en Carine Roitfeld (redakteur van die Franse Vogue) hom ’n toonaangewer op die grimeerfront help maak.
Sy eerste grimeerreeks verskyn teen die middel van hierdie jaar.