Die swaar grimering van die 1920’s word perfek vasgevang in The Artist. Vroue het lipomlyner gebruik om hul lippe met ’n Cupid’s bow-vorm te beklemtoon, en baie oogomlyner en blosser gedra.

*The Artist (wenner van vyf Oscar-toekennings) begin 16 Maart in SA draai.

Foto: Ster-Kinekor 

 War Horse

Gedurende die Eerste Wêreldoorlog, waarin War Horse afspeel, was grimering ’n luukse. Net dié wat dit kon bekostig, het soveel as moontlik daarvan gedra. 

*War Horse wys tans by uitsoek-teaters.

Foto: Verskaf

 

 My Week With Marilyn

Daar is een vrou wat 'n toonbeeld van die 1950’s-voorkoms is, en dit is Marilyn Monroe. In My Week with Marilyn is Michelle Williams se voorkoms perfek Marilyn. Rooi lippe, baie maskara of vals wimpers en ’n prominente lyn bo die boonste wimpers danksy oogomlyner

*My Week with Marilyn wys tans by uitsoek-teaters.

Foto: Ster-Kinekor 

 The Help  

Die vroue in die fliek The Help is tipies van die 1960’s. Haarstyle met baie volume (dink aan die beehive) en smeulende oë (geskep met baie oogomlyner en maskara) was dié dekade se gunsteling-voorkoms.  

*The Help (wenner van een Oscar-toekenning) het reeds by teaters gewys.

Foto: Verskaf