Die gewilde popsanger Miley Cyrus is pas aangewys as die splinternuwe gesig van skoonheidshuis M.A.C se Viva Glam-grimeerreeks vir 2015!

Die Viva Glam-reeks spog reeds met gesigte soos Rihanna, Nicki Minaj en Lady Gaga. En met Miley kan aanhangers nou uitsien na ’n helderpienk lipstiffie en ’n glinsterende pienk lipglans wat in Februarie volgende jaar bekend gestel word.

Wat dink jy van Rihanna en Miley Cyrus se rokke? Stem hiér

Met dié reeks, wat bestaan uit ’n lipstiffie en lipglans, ondersteun M.A.C reeds die afgelope 10 jaar die stryd teen HIV/vigs deur die inkomste uit verkope aan hul liefdadigheidsfonds, die M.A.C AIDS Fund, te skenk. Die reeks word jaarliks uitgegee met ’n splinternuwe gesig wat ook telkens die inspirasie vir dié gewilde lipstiffie en -glans is.

viva glam miley cyrus mac Miley Cyrus se Viva Glam lipstiffie en lipglans word volgende jaar in Februarie bekend gestel. FOTO: M.A.C

Bekende ma en dogter kry eie grimeerreeks

M.A.C Viva Glam oor die jare

Só lyk die afgelope vyf jaar se M.A.C Viva Glam-gesigte en hul beperkte uitgawe lipstiffies en lipglanse.

Rihanna (2014)

Nicki Minaj (2013)

Ricky Martin en Nicki Minaj (2012)

Lady Gaga (2011)

Cyndi Lauper en Lady Gaga (2010)

Bekende aktrise ook nuwe gesig van skoonheidshuis - lees meer!