Aanhangers van die bekende sanger Lady Gaga het onlangs ’n voorsmakie van haar splinternuwe parfuum, Eau de Gaga, gekry toe dié popkoningin foto’s van die parfuumbottel en advertensieveldtog op Instagram gedeel het.

Die Eau de Gaga-parfuumbottel spog met ’n elegante en eenvoudige swart ontwerp en bloedrooi boksie. Boonop het die "Poker Face"-sangeres ook op Twitter twee smeulende foto’s van die advertensieveldtog gedeel en verklap dat haar nuwe geur vir mans én vroue geskik is, met die boodskap: “Vir die avontuurlustige vrou en die man wat haar liefhet.”

Kyk hiér hoe lyk Lady Gaga sonder grimering

Eau de Gaga volg op die hakke van Lady Gaga se eerste parfuum, Lady Gaga Fame. Dit was ’n topverkoper wat opslae gemaak het omdat die parfuum self swart was en sogenaamd note soos bloed bevat het.

Lady Gaga se advertensieveldtog vir haar unieke eerste parfuum Lady Gaga Fame Lady Gaga se advertensieveldtog vir haar unieke eerste parfuum Lady Gaga Fame

Lady Gaga nou ook in Hollywood - lees meer!