Die bekende sangeres Jennifer Lopez het onlangs ’n rare foto van haar natuurlike bos krulle op Instagram gedeel. En ons is mal daaroor! Met dié foto het die sangeres, wat by die openingseremonie van die FIFA Wêreldbeker gesing het, aanhangers ’n kykie gegee van hoe haar hare natuurlik en sonder stilering lyk. "Wheels up!! Next stop LA... #curlyhairdontcare #myNYlook #gonnamissNY #greatvacation #backtowork," was die boodskap wat J-Lo saam met die foto gedeel het terwyl sy op pad terug was na Kalifornië ná ’n welverdiende breuk by haar huis in die Hamptons, New York. Sy het ook onlangs haar 45ste verjaardag gevier.

J-Lo deel gereeld selfies op haar Instagram-profiel en is nie skaam om sonder grimering voor haar selfoon-kamera te verskyn nie. Dié kykie na haar natuurlike krul-hare is egter ’n eerste en gee aanhangers ook ’n idee van die transformasie wat sy ondergaan om haar bekende glansende haarstyle te kry.

Jennifer Lopez se oulike selfie-verassing!

Hiér is maar net ’n paar van die selfies wat sy die afgelope week geneem het.

Wat dink jy? Hou jy van Jennifer se hare natuurlik? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Selfies soos jy dit nog nooit gesien het nie - lees meer!