Die bekende mode- en skoonheidshuis Dolce & Gabbana gaan binnekort ’n nuwe parfuum vir mans, Intenso, bekend stel en raai wie is pas aangewys as die gesig? Die sexy Ierse akteur Colin Farrell!

“Toe ons dié geur geskep het, het ons onmiddellik aan Colin gedink. Hy verpersoonlik manlike krag en sensualiteit,” het Domenico Dolce en Stefano Gabbana, skeppers van Dolce & Gabbana, in ’n persverklaring gesê.

Loading

Dolce&Gabbana Fragrances is pleased to announce Colin Farrell as the face of its new male fragrance: INTENSO. #dgbeauty #dgintenso #colinfarrell

View on Instagram

Kate Moss se suster volg in haar voetspore - lees meer!

Vorige gesigte van dié luukse handelsnaam se parfuums is onder andere die bekende akteurs Scarlett Johansson en Matthew McConaughey.

Hoewel daar niks meer oor die advertensieveldtog verklap is nie, sien ons baie uit na nog foto's van dié sexy akteur.

In die skoonheidstoor: Parfuums vir die lente!

Het jy geweet?

Colin het in 2008 ’n Golden Globe-toekenning vir sy rol in die somber fliek In Bruges ontvang.

Kry só ons SARIE-Voorbladgesig se voorkoms