Margot Robbie, die bekoorlike ster wat Hollywood se aandag gegryp het in The Wolf of Wall Street, is nou ’n brunet nadat sy haar blonde kapsel gekleur het.

Wie is Margot Robbie? Lees 10 feite oor haar HIER.

Margot het oornag die nuwe it girl geword nadat sy teenoor Leonardo DiCaprio in The Wolf of Wall Street gespeel het. Nou het sy haar hare gekleur - ons wonder hoe sy by die Oscars gaan opdaag? Met haar blonde lokke of nuwe brunet kapsel?

WAT DINK JY? LYK MARGOT MOOIER MET BLONDE OF BRUIN HARE? Lewer kommentaar hieronder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad. Die Australiese aktrise, wat ook in die TV-reeks Pan Am gespeel het, het op Twitter vertel dat sy dié besluit gemaak het ter voorbereiding van haar nuwe fliek, Z for Zachariah.

Z for Zachariah, met Margot en Chris Pine (This Means War), gaan oor ’n tienermeisie wat ’n kernoorlog in ’n klein, Amerikaanse dorp oorleef.

Margot en ander sterre by die Golden Globes

Margot Robbie in Gucci  FOTO: Gucci met vergunning van Gallo Images / Getty Images Margot Robbie in Gucci
FOTO: Gucci met vergunning van Gallo Images / Getty Images

Wil jy jou hare kleur? Oorweeg dié faktore voordat jy jou besluit neem.