Beyoncé het vandag haar nuwe kort haarstyl op haar Instagram-blad gedeel.

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Beyoncé is in die kol met haar korter haarstyl. Van ons eie Charlize Theron tot Rihanna volg nou dié trend. Die gewaagdes skeer selfs een kant van hul hare korter vir 'n baie edgy voorkoms - lees meer oor die geskeerde voorkoms hier.

'n Korter haarstyl wat by jou gesigvorm pas, beklemtoon jou beste gelaatstrekke soos hoë wangbene of 'n mooi gevormde kakebeen. Dit gee jou ook 'n vars voorkoms.

Amor se nuwe haarstyl: "Ek voel soos 'n nuwe mens"

[box:full:red:both]

Wenke vir ’n kort haarstyl:

  • Sny jou hare met tekstuur en los langer stukkies om jou ore en in jou nek. Mans se hare word stomper gesny.
  • Pasop vir ore wat te “oop” gesny word, want dit kan jou ouer, harder en onnodig konserwatief laat lyk.
  • Goeie produkte is van kardinale belang. Gebruik liefs minder as te veel – ’n ertjiegroot druppel haarwaks vir baie kort hare en ’n haselneutgrootte vir langer hare.

[/box]

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

WAT DINK JY VAN BEYONCÉ SE NUWE STYL?