Haarstilis Freya by Gary Rom het Rolene Strauss se hare vir die Mej. Wêreld-kompetisie voorberei - sy deel 'n paar stylgeheime.

"Ek het vir Rolene ontmoet toe sy in 2011 'n Mej. Suid-Afrika-finalis was," vertel Freya. "Ons het 6 maande vóór sy die Mej. SA-kompetisie gewen het, weer saamgewerk. Daar was altyd 'n plan met haar hare, en uiteindelik wou ons by die styl uitkom wat sy graag vir Mej. Wêreld wou hê," sê Freya.

Rolene se hare

"Sy het die mooiste, natuurlike krulhare. Sy het elke 2 maande salon toe gekom sodat ons haar hare kon kleur, en elke 5 weke het ons haar Great Lengths-haarverlengings vervang," vertel Freda.

Mej. Wêreld-styl

Ons het haar gewys hoe om haar hare self te versorg en stileer, sodat sy haar hare vir Mej. Wêreld self kon krul en opsteek vir daai 50's glans-voorkoms.

Die plan

1. Ligter kleur (foils) op die hare om haar gesig - om dit 'n goue-effek te gee.

2. Donkerbruin-kleur vir die res van haar hare.

3. Versorging: Gary Rom Hairdressing Cortex Repair-sjampoe en -opknapperGary Rom Hairdressing Hydro BoostGary Rom Hairdressing Hydro Defense vir hitte-beskerming en Gary Rom Hairdressing Baobab Oil vir glans

roeline

"Ons is so trots om saam met Rolene te kan werk. Sy is warm liefdevol en sal beslis SA se naam hoog hou as Mej. Wêreld," sê Freya.

freya copy copy Freya Labuschagne is die kreatiewe direkteur by Gary Rom in Woodlands, Pretoria (012 997 5468)

FOTO: Só het Rolene op dag een van Mej. Wêreld gelyk

Dag 2 - media-onderhoude met die BBC

rolene 1 rolene 2