Die Amerikaanse model Chrissy Teigen se vel was Sondagaand glansend toe sy die Oscars saam met haar man, John Legend, bygewoon het. Kry die voorkoms só.

Fiona Locke, ’n velafrondingskenner by St. Tropez, het seker gemaak dat Chrissy se gelaat so gloeiend en glansryk bly.

Beskerm jou vel én lyk songebrand

"Aangesien Chrissy reeds ’n mooi vel het, het ek net ’n St. Tropez Skin Finishing-behandeling gedoen, wat die diepte van haar natuurlike veltoon beklemtoon het en dit ’n pragtige, brons glans gegee het," sê Fiona.

Volg Fiona se stappe vir Chrissy se voorkoms:

  • Begin deur jou vel sagkens af te skilfer
  • Bevogtig al die droë gedeeltes van jou vel, insluitende jou knieë, enkels en elmboë
  • Wend die St. Tropez Wash Off Instant Glow Body Lotion (R183) met jou hande of met die St. Tropez Applicator Mitt (R110) aan. Wenk: maak seker jy skakeer die produk deeglik in jou vel in

  • Gee jou gesig ’n ekstra tikkie kleur deur dit baie liggies met die aanwender aan te tik
  • Gebruik nou St. Tropez Radiance Mousse (R565) om jou wangbene, nek en sleutelbeen te beklemtoon.

St. Tropez Radiance Mousse (R565) FOTO: verskaf FOTO: verskaf

St. Tropez se produkte is landswyd by Clicks-winkels beskikbaar.