Dit val saam met een van Gerhard se liedjes op sy nuutste CD, Brood & Melk. Dié liedje, "Parfuum", gaan oor hoe die reuk van jou geliefde se parfuum jou aan hom of haar herinner en laat voel hulle is naby jou.

G Girl (R380 vir 50 ml EDT) is ’n vars blomme- en balsamiese geur met jasmyn, lemoen en appelkoos in die boonste note. Daar is ligte speserye en houtgeure in die hart van die geur en sederhout, vanilla, tonkaboon en balsamiese geure in die onderste note.

Die geur vir mans, G Man (R380 vir 50 ml EDT), bevat onder meer suurlemoen en salie in die boonste note met kaneel en tolu-balm in die hartsnote. Rooshout en ebbehout is in die onderste note van die geur.

Gerhard en Zelri het self help kies aan hierdie bestanddele.

Die advertensie van G Man en G Girl - die parfuum deur Gerhard Steyn en sy vrou Zelri. FOTO: verskaf Die advertensie van G Man en G Girl - die parfuum deur Gerhard Steyn en sy vrou Zelri.
FOTO: verskaf

Dié geure is vanaf volgende week op Gerhard se webblad te koop.