nr 2Nails inc se Crackers Collection Gift Box (R385, by Edgars en Red Square) is ’n stel van ses Kersfeesklappers in wit, swart en silwer. In elke klapper is ’n botteltjie naellak in een van ses feestelike skakerings.

Die Nails inc Nail Polish Diary Collection Gift Set (R495, by Edgars en Red Square) bevat naellakke in 12 verskillende skakerings – een vir elke maand van die jaar.