Dis Kersseisoen – versierde Kersbome staan in sitkamers met ’n klomp verrassings teen die stam. Kort daar nog ’n paar geskenkpakkies onder jóú boom? SARIE se skoonheidspan deel ons geskenk-idees.

nommer 6Spesiale grimering is altyd 'n groot bederf, veral as dié grimering herinner aan die luuksheid en weelde van die koninklike paleis in Versailles, Frankryk. Dior se Golden Winter-reeks, 'n beperkte grimeerreeks om Kersfees te vier , is so 'n geskenk.

FOTO'S: verskaf FOTO'S: verskaf

Die reeks bestaan uit gesigpoeier (dié poeier bevat note van hul gewilde parfuum J’adore), naellak, ’n Franse manikuur-stel, lipstiffie, oogskadu, blosser en lipglans. Die produkte is onder meer beskikbaar in skakerings van goud, roosgoud, pienk, rooi, bruin, silwer en pers. Pryse wissel tussen R290 en R870.

FOTO'S: verskaf

nommer 7Bederf jou geliefdes met ’n spesiale geur. Jo Malone se geskenkpakkies word in hul ikoniese, elegante boksies verkoop. Pomegranate Noir Collection (R1 150) bestaan uit ’n Pomegranate Noir Cologne (30 ml), ’n Pomegranate Noir Body & Hand Wash (100 ml) en ’n Pomegranate Noir Body Crème (50 ml) in ’n vars vrugtegeur, terwyl die Christmas Cracker (R485) Blackberry & Bay Cologne (9 ml), Lime Basil & Mandarin Body & Hand Wash (15 ml) en Grapefruit Body Crème (15 ml) bevat.

jo malone christmas cracker Jo Malone Christmas Cracker (R485)
FOTO: verskaf

Soek jy na ’n groter verskeidenheid? Probeer dan die Cologne Collection (R990) – ’n pragtige boks met vyf verskillende geure – Lime Basil & Mandarin Cologne (9 ml), English Pear & Freesia Cologne (9 ml), Blackberry & Bay Cologne (9ml), Peony & Blush Suede Cologne (9 ml) en Amber & Lavender Cologne (9 ml).