Dié reeks, wat uit ’n gesigwas en gesigskrop bestaan, het nou ’n vogroom (R85) bygekry! Dit ruik net soos die ander produkte in die reeks, en bevat ook Microclear-tegnologie wat help om puisies en onsuiwerhede op jou vel te verminder en voorkom. 

Boonop lig sitrusgeure jou gemoed!