Die aktrise Keira Knightley is al sedert 2007 die gesig van die mode- en skoonheidshuis Chanel se gewilde Coco Mademoiselle-parfuum. En nou is die nuutste advertensie van dié geur eindelik hier!

FOTO: Mario Testino vir Chanel FOTO: Mario Testino vir Chanel

In die nuwe advertensie ontglip Keira heeltyd ’n man wie se aandag sy trek. Al wat hy van haar het, is ’n klein botteltjie Coco Mademoiselle.

Kyk net na al die sketse van hoe die advertensie beplan is!

Kyk hier na die advertensie:

Van die ander Coco Mademoiselle-veldtogte waarin Keira al verskyn het, lyk só:

FOTO: Dominique Issermann vir Chanel FOTO: Dominique Issermann vir Chanel

Dié geur bevat twee gunsteling-note wat Chanel in hul parfuums gebruik, jasmyn en roos, en ook geurige note soos lemoen, bergamot, pomelo en lietsjie.

Oor Keira - Het jy geweet?

  • Haar tweede naam is Christina.
  • Sy het ’n ouer broer, Caleb.
  • Keira het eers bekend geword vir haar rol in die sokker-fliek Bend It Like Beckham.
  • Sy is ook bekend vir haar rolle in flieks soos Pirates of the Caribbean, Atonement, Pride & Prejudice, Love Actually.
  • In 2008 is sy deur die tydskrif Forbes aangewys as die aktrise wat die tweede meeste betaal word in Hollywood.
  • Sy het in 2006 naak op die voorblad van die tydskrif Vanity Fair verskyn saam met die aktrise Scarlett Johansson en die modeontwerper Tom Ford.
  • Keira is verlede jaar getroud met die musikant James Righton van die musiekgroep die Klaxons.