"Ek het my huidige styl gekies, want dit was die resultaat van konsultasie tussen Danie Odendaal, vervaardiger van 7de Laan, ?Morné, die haarkapper op stel, en myself om vir ?Gita, my karakter in die reeks, ’n styl te kies. Gita se hare moet altyd edgy en glansryk wees en in ?die algemeen weerspieël ’n verandering in haar ?hare ’n nuwe rigting in ?die storielyn.

Die grootste uitdaging met my hare is dat ek taamlik nutteloos is wanneer dit kom by die stilering daarvan, so ek probeer dit vermy. Dis ook hoekom ek dit kort verkies. Die styl is wonderlik en ek kan dit net was en los. As ek dit wel ’n bietjie woema wil gee, sit ek haarwaks in. ? 

My gunsteling-haarproduk is ’n haarwaks omdat dit vinnige resultate ?lewer en jy met min moeite ’n “deurmekaar” voorkoms kan skep. Probeer VO5 Extreme Style Matt Wax (R42). (My beste wapen bly maar ons haarkapper by 7de Laan!)

* In die Junie 2011-uitgawe vertel Jo da Silva: "Ek's weerloos en die kollig is moeilik." Die uitgawe 'n gratis serp in 6 verskillende kleure is vanaf Maandag 16 Mei 2011 te koop.