Selfs in die skroeiende hitte tydens die Wimbledon-manseindronde wat Sondag plaasgevind het, was Kim se hare perfek.

Kim laat sny haar hare by die Dwight Isaacs-haarsalon in Surrey, Engeland, maar sy blaas dit sommer self droog as sy nie tyd het om dit professioneel te laat doen nie, volgens Daily Mail. Haar hare se heuning-en-karamel-skakering word deur middel van ’n Franse tegniek, balayage, geskep: ’n Haarkapper "verf" die haarkleur rofweg aan jou hare met ‘n kwas. Jou hare is dan ligter by die punte.

Bekendes soos Sarah Jessica Parker, Julia Roberts en Gisele Bündchen het al almal hul hare met dié tegniek laat kleur.




Kry Kim se hare s?:

  • Die regte sjampoe en opknapper sal voorkom dat jou hare kroes in reënerige weer of wanneer dit baie warm is.
  • Maak seker jou hare se natuurlike glans bly behoue met ’n gereelde olie-behandeling.
  • Gebruik ’n stileeryster om jou hare ekstra reguit en glad te maak.

Volg Kim se hare op Twitter by @KimSearsHair en kyk hier hoe Andy Murray Wimbledon gewen het!