Jou beste eienskap is jou vel

Jou rooitapytbehandeling
Selfs toe sy nog ’n Hollywood-aktrise was, het Grace Kelly se koninklike voorkoms, en veral haar  vlekkelose vel, die koppe laat draai. “Jou gelaat kan nie gloei as jy nie die regte velsorgroetine volg nie,” sê velsorgkenner Stephanie Hugo.

“Sorg dat jy produkte gebruik wat reg is vir jóú vel. Wend een tot twee keer ’n week ’n gesigskrop aan om van dooie velletjies ontslae te raak. “Jou leefwyse beïnvloed ook jou vel.

Oefening is een van die maklikste maniere om jou gelaat te laat gloei. Dit verhoog bloedsirkulasie, wat sorg dat gifstowwe verwyder word,” sê sy. “Jy kan jou veltekstuur verder verfyn met ’n gesigpoeier. Dis ideaal as jy ’n olierige vel het.

Poeier absorbeer oortollige olie en party beheer selfs jou vel se olieproduksie.’n Droër vel sal gloei met ’n gekleurde vogroom wat deurgaans jou vel bevog hou. Onthou,’n gekleurde vogroom vervang jou onderlaag, nie jou vogroom nie.

As jou vel baie droog is, kan jy ná die gekleurde vogroom ’n bietjie verfrisser op jou gesig spuit en dit opvolg met nog ’n tikkie gekleurde vogroom. Jou vel sal dadelik gloei.”

Sy is immergroen, want sy was ’n gerespekteerde aktrise, het prinses van Monaco geword nadat sy in
1956 met prins Rainier III getroud is en haar skoonheid word steeds nagestreef.

Sy het die Oscar gewen vir beste aktrise in 1954 as Georgie Elgin in The Country Girl.

In Grace se grimeersakkie

’n Ouer vel gloei met Estée Lauder  Re-Nutriv Ultimate Lifting Creme Extra Rich (R2 250). Verfyn die tekstuur van jou vel met Elizabeth Arden Pure Finish Mineral Powder Foundation SPF 20 PA++ (R275). Rond jou nostalgiese Hollywood-voorkoms af met Charlie Eye Shadow Eye Love It in Beautiful Blues (R76,95).