Een van die beste wenke om jou onderlaag egalig aan te wend is om die regte borsels te gebruik.

Met M.A.C se nuwe, unieke Masterclass Brush Collection is dit makliker as ooit om jou grimering aan te wend. Dié se grimeerborsels het ’n plat handvatsel en ’n unieke kop soortgelyk aan dié van ’n haarborsel sodat jy jou grimering moeiteloos kan aanwend.

Was elke week jou grimeerborsels – doen dit só

Die reeks bestaan uit drie grimeerborsels: Die Linear 1 Brush (R630) het kort hare om jou lippe mee te definieer en jou wenkbroue in te kleur. Jy kan oogskadu aanwend en invryf (blend) met die middelgrootte borsel, Oval 3 Brush (R750). Die derde borsel is die Oval 6 Brush (R800); dis ideaal vir die aanwending van blosser, onderlaag en poeier en kan selfs gebruik word om kontoerlyne te trek.

M.A.C. Masterclass Brush Collection Linear 1 Brush (R630) M.A.C. Masterclass Brush Collection Linear 1 Brush (R630)

Die spesiale handvatsels is breër as ’n gewone grimeerborsel wat dit makliker maak om vas te hou sodat die borsel nie uit jou hande gly nie. Die bopunt van die grimeerborsels is ook effens gebuig sodat jou vingers en hande nie in die pad kom terwyl jy grimeer nie.

Vyf grimeerborsels om in te belê

Dié wonder-grimeerborsels is vanaf 9 Januarie beskikbaar by die losstaande M.A.C.-winkels in V&A Waterfront in Kaapstad en Melrose Arch, Sandton City en Rosebank in Johannesburg.