Bo: Le Vernis-naellak (R265) in Lilis, Lèvres Scintillantes-lipglans (R305) in Envolée, Inimitable- waterdigte maskara (R355) in Zest en Blue Note en Stylo-oogskadu (R330) in Black Stream, Blue Bay en Moon River.

Dié Franse skoonheidshuis het vir dié beperkte reeks, L’été Papillon de Chanel, 'n spesiale waterbestande oogskadu in die vorm van 'n pen, Stylo Eyeshadow, ontwerp. Dié oogskadu se formule bevat 'n hoë konsentrasie water sodat dit sag en vars op jou ooglede voel. Gebruik dié penne in 'n silwer-swart, platinum, groen, koraalpienk, blou en goud as oogskadu én oogomlyner!

Kry die skoenlapper-effek só: Kombineer die Inimitable Waterproof Mascara in Aqua Blue en Blue Note met die Stylo Eyeshadow in Cool Gold, Blue Bay en Pink Lagoon. Chanel rond die voorkoms af met die Stylo Yeux Waterproof Eyeliner in True Blue.

Vir die meer avontuurlustiges is daar ook die Inimitable- waterdigte maskaras (R355) in seegroen, lemmetjiegroen, geel of 'n elektriese blou.

Inimitable Waterproof maskara in Lime Light.

Daar is ook natuurlike én helder skakerings van lipstiffie, lipglans en naellak beskikbaar.

*Beskikbaar vanaf 21 Junie by die Chanel-toonbanke van Edgars in Sandton City, die V&A Waterfront in Kaapstad en Gateway in Durban.