Gaan kyk op Pinterest na nog van ons grimeer-idees!

1 Van ’n katoog tot ’n glansende aandvoorkoms

Die katoog, of die winged eye, is een van die seisoen se gunsteling-grimeervoorkomste. Taylor Swift en Lea Michele dra hul grimering dikwels so. Dra die katoog met natuurlike grimering vir die dag, soos Jessica Alba. Sodra die son sak, kan jy ’n blink oogskadu in skakerings soos goud of brons op jou ooglede aanwend.

FOTO: Pinterest FOTO: Pinterest

2 Pienk vir die middag, rooi vir die aand

Dramatiese skakerings van lipstiffie is een van die seisoen se gunsteling-tendense. Dra dit met neutrale ooggrimering en ’n stralende vel. ’n Helder, vrolike skakering van pienk is ideaal vir die dag, terwyl rooi lipstiffie sensueel en sexy lyk in die aand.

3 Stralende vel en daardie gesonde blos

Die geheim is dat jou vel natuurlik en stralend moet lyk. Maak daarom seker dat jy in die dag kontoerlyne met jou verbronser en verligter trek sodat jy natuurlik en sonbruin kan lyk. Wend vanaand ’n tikkie helder oranje, rooi of pienk blosser op jou wange vir net genoeg drama.

4 ’n Blink lagie op jou naels

Die somer is die perfekte tyd om pastelle op jou naels te dra – dis vars, vroulik en vrolik. Verf vanaand bloot ’n laag blinkertjies bo-oor vir ’n bietjie ekstra glans. As jy nie mal is oor te veel blinkers nie, kan jy altyd net jou ringvinger ’n blink laag gee.

FOTO: Pinterest FOTO: Pinterest

5 Vol wenkbroue en warm pers

Pers rokerige oë op Scarlett Johansson.  FOTO: Moët Scarlett Johansson lyk sensueel met pers, rokerige oë.
FOTO: Moët

Dis die jaar van die wenkbroue – model Cara Delevingne, aktrise Lily Collins en selfs SARIE se Voorbladgesig-wenner Marike Nel is beeldskoon met die vol wenkbroue wat hul gesigte raam.

Kam jou wenkbroue na bo en vul dit op met oogskadu, twee skakerings ligter as jou hare, as jy nie dié voorkoms van nature het nie.

Dra dit met sagte, natuurlike grimering voordat jy vanaand jou oë meer drama gee met ’n pers, rokerige voorkoms. Onthou, pers oogskadu lyk mooi by die meeste oogkleure en dis ook nie so hard soos die tradisionele rokerige oog nie.

FOTO: Pinterest FOTO: Pinterest