Clinique se trotsste prestasie is dat hulle die enigste luukse skoonheidsmaatskappy is wat genoeg groen energie verskaf (ook aan ander maatskappye) om die gewone elektrisiteitverbruik by hul fasiliteite uit te balanseer.

Hul toewyding aan sonkrag het gelei tot die installering van die grootste sonkragstelsel in die VSA by hul fabriek in New Jersey.

Dis ’n uitdaging om by te hou met die energie-verbruik van dié skoonheidshuis se vinnige verkope: Elke 3,7 sekondes word ’n botteltjie Clinique Dramatically Different Moisturizing Lotion (R395) êrens in die wêreld verkoop.

Hierdie vogroom is ook in Suid-Afrika ’n topverkoper.