Hy is net so bekend vir sy ewige grys poniestert, swart handskoene en sonbril soos vir sy ontwerpe vir die modehuis, Chanel, en volgende Donderdag, 13 Maart stel Karl Lagerfeld ’n groot eerste bekend!

Hy gaan wêreldwyd sy heel eerste parfuums (onder sy eie handelsmerk, Karl Lagerfeld) bekend stel. Alles is baie geheimsinnig en ons gaan eers oor ’n week sien hoe die bottels en advertensies lyk.

Ons kan solank dié uitlokkers van die bottels en advertensies deel:

Hou die hutsmerk #karlparfums op Twitter en Instagram dop vir meer inligting.

Kyk solank hier na ’n video wat Karl op YouTube gedeel het: