Die Oscar-bekroonde aktrise Gwyneth Paltrow is in die skoonheidshuis Max Factor se nuutste advertensieveldtog omskep in ikone soos Audrey Hepburn, Brigitte Bardot, Farrah Fawcett en Madonna.

Max Factor vier vanjaar hul 100ste bestaansjaar en bring met hul 100 Years of Glamour-advertensieveldtog hulde aan dié handelsnaam se gelyknamige stigter. Ikoniese skoonheidsvoorkomste uit die 50’s, 60’s, 70’s en 80’s met ’n moderne kinkel is die inspirasie agter die glansfoto’s.

Gwyneth Paltrow as Audrey Hepburn in 'n advertensieveldtog vir Max Factor Gwyneth Paltrow as Audrey Hepburn in 'n advertensieveldtog vir Max Factor

Gwyneth Paltrow as Brigitte Bardot in 'n advertensieveldtog vir Max Factor Gwyneth Paltrow as Brigitte Bardot in 'n advertensieveldtog vir Max Factor

Gwyneth Paltrow as Farrah Fawcett in 'n advertensieveldtog vir Max Factor Gwyneth Paltrow as Farrah Fawcett in 'n advertensieveldtog vir Max Factor

Gwyneth Paltrow as Madonna in 'n advertensieveldtog vir Max Factor Gwyneth Paltrow as Madonna in 'n advertensieveldtog vir Max Factor

Sjoe! Kyk hoe lyk Gwyneth op 40!

Het jy geweet?

  • Max Factor was die eerste mens wat die woord “grimering” vir sy produkreeks gebruik het.
Lees hier meer oor die geskiedenis van Max Factor. Watter ikoniese voorkoms is jóú gunsteling?

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Gwyneth Paltrow se vreemdste skoonheidsbehandeling