Die lang bob het reeds verlede jaar ons aandag begin trek en vanjaar blyk dit dié styl te wees wat ons oral gaan sien. Talle bekendes het reeds in Januarie foto's op Instagram en Twitter gedeel waar hulle met nuwe, korter kapsels pryk, soos aktrise Jessica Alba (foto bo). * Nóg kort haarstyle wat inspireer

Ander aktrises soos Sarah Paulson (12 Years a Slave), Kate Mara (House of Cards), Emma Roberts (We're the Millers) en Jenny McCarthy (aanbieder op die kletsprogram The View) het óók foto's op sosiale media gedeel. Die lang bob is die ideale styl vir enige gesigvorm en is baie veelsydig. Jy kan dit lank en reguit dra of selfs golwe in jou hare sit vir 'n strand-voorkoms! * Prinses Charlene dra haar kort haarstyl met krulle