Die aktrise Halle Berry is redelik geheimsinnig wanneer dit by haar privaatlewe kom, maar nié oor haar nuwe parfuum – Reveal by Halle Berry – nie. Sy beskryf dié geur as die perfekte balans met ’n vars blommemengsel wat meer sensueel word hoe langer jy dit aan het. Die parfuum bestaan uit ’n verskeidenheid geure soos perske, rooibessies, mimosablom, muskus en iris wat verpak is in ’n bottel met ’n kontemporêre gevoel, amper art deco. Halle beskryf die vrou wat dié parfuum sal dra as kompleks, intuïtief en misterieus. “Elke vrou behoort ’n klein ietsie vir haarself te hou,” sê sy. Halle is bekend vir haar rolle in flieks soos X-Men, Gothika, Swordfish, Monster’s Ball en Die Another Day. Kyk ook uit vir haar nuutste fliek, Frankie & Alice, waarin sy ’n vrou met veelvoudige persoonlikhede wat sukkel om haar ware self te wees, speel.